Feeds:
Posts
Comments

Om in ‘n koei se oe te kyk

Het jy al in ‘n koei se oe gekyk ? Sulke groot bruin “gentle” oe wat jou aankyk, tot in jou siel en jou jou binneste laat vrae vra ? Hoe “gentle” is jou eie oe ? Wat sê jou oe as jy na iemand kyk ? Die oe is tog die vensters tot die siel, en oe kan nie lieg nie.

Jy kan in iemand se oe die toestand van sy gemoed waarneem, gelukkig, ongelukkig, hartseer of tevrede, salig of vol woelinge.

Ek sit plat op my agterstewe tussen ‘n paar koeie, ek het net eenvoudig gaan sit. Al gaan my boude later nat wees van die dou op die gras wil ek NOU op hierdie groen kolletjie sit. Ek wil luister na hoe die koeie eet, girts girts girts, hoe hulle hul verlustig in elke krieseltjie groen en . . . ek wil in hul oe kyk.

Die bruin oe laat my ‘n besluit neem, om met ander oe na die rondom my te kyk. Om meer temoetkomend te wees vir my medemens se einas. Om hulle onvoorwaardelik te probeer aanvaar. Om ook te besef ons almal kry nie altyd ‘n lekker kolletjie groen gras om te eet vir DIE spesifieke dag nie. Soms is daar ‘n brandnetel hier en daar, iets wat gaan vassit in’n tand en seer maak.

Ek besluit ook om my bes te probeer om my oe te versag, om nie net krities te kyk na die wêreld om my nie, maar om eerder die dou op die gras van die lewe in te drink as om net te kla oor die droe kolle hier en daar!

Ek weet môre is ek terug om weer ‘n bietjie van die “gentle” in te drink. Die koeie het aangestap en ek het bly sit, met ‘n kop vol gedagtes en vrae aan myself.

Om elke hoek en draai, agter elke graspol en in elke lelieblom se kelk is ‘n lewenswaarheid te vinde op Lelieblom!

Met ander oe na die wêreld geskryf deur Lady Lilly

Om ‘n wit kers aan te steek

Vandag verken ek Lelieblom, ek wil als sien, sonder om vrae te vra, ek wil net dit wat rondom my is geniet. Ek wil net elke hoekie van hierdie stukke groen plesier indrink. Ek wil aan elke lelieblom vat. Elke oomblik wegbêre vir later weer se uithaal wanneer ek weet ek dit nodig gaan hê.

Eenvoudige wit kersie in’n kandelaar nooi my, kom steek ons aan. Laat ons vir jou neerskyn op ‘n hout tafel. Ek gaan sit aan, ek voel die gasvryheid rondom my al is daar niemand in die vertrek nie. Die sement mure vertel my van lekker kuiers, van samesyn met vreemdelinge wat dadelik vriende word.

Ek dink aan die gejaag van die samelewing, daar is so min tyd vir ‘n mens se medemens. Alles spoed verby jou, jy jaag na niks. Jy jaag na môre se probleme en kommers, en in die proses sien jy nie al die spesiale mense rondom jou raak nie.

Ek is ‘n wees, geen broers of susters, geen ma of pa nie. Ek is al daaraan gewoond, het alleen grootgeword en moes myself vermaak. Ek is geseend met soveel spesiale mense rondom my. Elkeen van hulle het eienskappe wat my lewe verryk en ek is bevoorreg om sulke tafelgenote om my lewenstafel te hê.

Ek gaan haal my selfoon, het dit al vroeg oggend sommer afgesit maar nou besef ek, ek moet soveel as moontlik van my tafelgenote vra om by my te kom aansluit.

Julle moet almal kom, bring net julleself, ek is seker Karen kan ‘n plan maak vir ‘n onvergeetlike ete. Die belangrikste bestanddeel van elke dis sal die mense wees wat saam aansit by hierdie houttafel.

Ek stuur ‘n hele paar sms’e, ek het soveel om te sê maar beperkte spasie. “Bring julleself, kom kuier op Lelieblom. Kom kuier om ‘n tafel saam met ‘n groot familie, al het hulle nie dieselfde van as jy nie.

Met lekkerte en liefde geskryf
deur: Lady Lilly

Hoe maak jy ‘n hek oop ?

Ek het nog nooit gehou van ‘n hek nie. In Gauteng, waar ek vir 12 jaar gebly het was daar altyd hekke om oop en toe te maak. Daar was altyd hekke voor ek by my huis kon ingaan en my skoene uitskop na ‘n moee lang dag.

Afstandbeheerde hekke, en hekke wat ek sommer self oop en toe kon maak. Hekke het my nog altyd terug gehou om vinnig te kom waar ek wou wees, uit en in klim, ‘n hek oop en toe maak en weer terugklim. Ek is eendag te perd sommer oor ‘n hek en net die perd het ander kant op sy vier pote grond gevat en ek op my agterwêreld.

Vanoggend gaan ek Lelieblom verken, sommer so ver as wat my voete in my nuwe “fancy gumboots” my kan dra stap.

Maar O wee, hier is hekke! Ek bekyk die groot hek so, ek is hier om uit te span, af te skakel van my worries ontslae te raak, maar . . . sal ek ooit kommer heeltemal uit my binneste kan veeg ? Seker nie, die realiteit van leef, van elke dag se potjie krap vir ‘n bestaan bring maar sy kwota worry. En dit is gesond, hou my aan die gang, maar wat tel is hoe ek die hek na my kommernisse oop en toe maak.

Hou ek hulle binne in ‘n kampie of laat ek hulle sommer net rondhol om verwoesting oor my lewensveld te saai ? My keuse!

Ek kyk met ander oe na die plaashekke, ek maak hulle met ‘n glimlag oop en toe. ‘n Paar gaan maak ek vele kere oop en toe, net om myself te oortuig en om die gewaarwording te geniet dat ek my hek fobie oorwin het.

Om elke hoek en draai is ‘n les by Lelieblom, ‘n lewensles. Wanneer ek teruggaan na die stadsgewoel sal ek behalwe die trekker foto ook ook ‘n foto van ‘n hek saam neem. Dit erens opplak waar ek dit die heeltyd kan sien. Daarna kyk wanneer die telefoon lui en ek nog ‘n probleem hek moet oopmaak!

Dankie Lelieblom vir al jou hekke!
Tot môre
Lady Lilly

Enjoy a great show and lunch with Danielle at Lelieblom on Sunday 3rd October 2010. R150p/p Advance booking essential please Karen 082 573 7736

Sunday Lunches

Bring your family and friends and children to the farm and enjoy a laid back Sunday Lunch at Lelieblom farm! “Destress” and just relax!!! Take long walks or just sit back and enjoy the peace and quiet and wide open views, break away from city rush and noise. A real farm, real food, real hospitality, happy gatherings around the long family tables, good company, good laughs, just a great time with great people!!!
ADVANCE BOOKING IS ESSENTIAL PLEASE! We serve a set menu and bring your own wine, we do have fruit juice and mineral water for sale.
CONTACT KAREN 082 573 7736 TO BOOK
See you soon!!!
Make new friends and renew old friendships at Lelieblom.

YEAR END FUNCTIONS

Looking for a unique and relaxing setting for your year end function, consider Lelieblom Farm Venue, beautiful,  peaceful and tranquil, untouched, natural, simple  yet stylish in the presentation of our events.

We endeavour to make your special event a memorable one!

Bookings open, don’t wait till it’s too late…

We look forward to having you on the farm with us.

15ht August 2010 Daniele Pascal @ Lelieblom, show and lunch R150.00p/p ADVANCE BOOKING ESSENTIAL
BRING OWN WINE PLEASE

%d bloggers like this: